Elektron

Elektron
Waterstofatoombane teen verskillende energievlakke.
Waterstofatoombane teen verskillende energievlakke.
Samestelling Elementêre deeltjie[1]
Statistiek Fermionies
Groep Lepton
Generasie Eerste
Wisselwerking Swaartekrag, elektromagneties, swak
Simbool e-, β-
Antideeltjie Positron (of anti-elektron)
Geteoretiseer Richard Laming (1838-1851),[2]
George Johnstone Stoney
(1874) en ander.[3][4]
Ontdek J.J. Thomson (1897)[5]
Massa 9,10938356(11)×10−31 kg[6]
5,48579909070(16)×10−4 u[6]
[1 822,8884845(14)]-1 u
0,5109989461(31) MeV/c2[6]
Elektriese lading −1 e
−1,6021766208(98)×10−19 C[6]
Spin 1/2
Swak isospin LH: -1/2, RH: 0
Swak hiperlading LH: -1, RH: -2

Die elektron (simbool e- of β-) is ’n elementêre subatomiese deeltjie waarvan die elektrirse lading negatief een elementêre lading is.[7] Elektrone behoort tot die eerste generasie van die lepton-familie[8] en word as elementêre deeltjies beskou omdat hulle geen bekende komponente of substrukture het nie.[1] Die elektron het ’n massa van sowat 1/1836 van dié van die proton.[9] Die ontdekking van die elektron in 1897 word toegeskryf aan Joseph John Thomson.

Elektrone omring die kern van protone en neutrone in ’n elektronskikking. Die Engelse woord electron is in 1894 van electric afgelei, waarvan die oorsprong die Griekse woord 'ηλεκτρον is, wat "barnsteen" beteken. Elektrostatiese lading kan verwek word deur barnsteen teen die pels van ’n dier, byvoorbeeld ’n kat, te vryf. Die laaste deel, -on, wat deur die meeste subatomiese partikels gedeel word, is van die woord ioon afgelei.

Die antideeltjie van ’n elektron is ’n anti-elektron of positron.

  1. 1,0 1,1 Eichten, E.J.; Peskin, M.E.; Peskin, M. (1983). "New Tests for Quark and Lepton Substructure". Physical Review Letters. 50 (11): 811–814. Bibcode:1983PhRvL..50..811E. doi:10.1103/PhysRevLett.50.811.
  2. Farrar, W.V. (1969). "Richard Laming and the Coal-Gas Industry, with His Views on the Structure of Matter". Annals of Science. 25 (3): 243–254. doi:10.1080/00033796900200141.
  3. Arabatzis, T. (2006). Representing Electrons: A Biographical Approach to Theoretical Entities. University of Chicago Press. pp. 70–74. ISBN 978-0-226-02421-9.
  4. Buchwald, J.Z.; Warwick, A. (2001). Histories of the Electron: The Birth of Microphysics. MIT Press. pp. 195–203. ISBN 978-0-262-52424-7.
  5. Thomson, J.J. (1897). "Cathode Rays". Philosophical Magazine. 44 (269): 293–316. doi:10.1080/14786449708621070.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 P.J. Mohr, B.N. Taylor, D.B. Newell, "The 2014 CODATA Recommended Values of the Fundamental Physical Constants". Hierdie databasis is ontwikkel deur J. Baker, M. Douma en S. Kotochigova. Beskikbaar: [1]. National Institute of Standards and Technology, Gaithersburg, MD 20899.
  7. Coff, Jerry (10 September 2010). "What Is An Electron". Besoek op 10 September 2010.
  8. Curtis, L.J. (2003). Atomic Structure and Lifetimes: A Conceptual Approach. Cambridge University Press. p. 74. ISBN 978-0-521-53635-6.
  9. "CODATA value: proton-electron mass ratio". 2006 CODATA recommended values (in Engels). National Institute of Standards and Technology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 18 Julie 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search